Afrikaans 1983

Psalms 73:21-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,

22. was ek dom en sonder insig;soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra.

23. Tog was ek nog altyd by U,want U vat my aan die hand.

24. U lei my met u raaden aan die einde sal U my in ere by U opneem.

25. Daar is niks in die hemel of op die aardewat vir my meer beteken as U nie.

26. Al is ek afgetakel na liggaam en gees,God is my sterkte;aan Hom behoort ek vir altyd.

27. Dié wat ver van U af is, gaan verlore,U vernietig dié wat aan U ontrou is.

28. Maar wat my aangaan, dit is vir my goedom naby God te wees.Ek het die Here my God gekies as my toevlug!Ek sal van al u werke bly vertel.