Afrikaans 1983

Psalms 73:10-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Tog hang die volk hulle aanen drink gretig hulle woorde in.

11. Hulle vra: “Hoe sal God dit uitvind?Hoe sal die Allerhoogste dit weet?”

12. Dit is hoe die goddelose mense is!So gaan hulle ongehinderd voort om rykdom op te hoop!

13. Dat ek die kwaad vermy heten met 'n eed my onskuld verklaar het,het dus niks gehelp nie,

14. want elke nuwe dag het vir my teenslae gebringen elke nuwe môre straf.

15. Maar as ek so sou aanhou praat,sou ek dié verloën wat aan U behoort.

16. Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaanen was dit vir my bitter moeilik

17. totdat ek in die heiligdom van God ingegaanen besef het wat die uiteinde van die goddeloses is.

18. U laat hulle op gladde plekke loop,U laat hulle ondergaan deur hulle eie geknoei.

19. In 'n oogwink word hulle iets afgrysliks,gaan hulle te gronde, tref 'n verskriklike einde hulle.

20. Net soos 'n droom wat ophou as 'n mens wakker word,so verdwyn hulle, Here, as U ingryp.

21. Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,

22. was ek dom en sonder insig;soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra.

23. Tog was ek nog altyd by U,want U vat my aan die hand.

24. U lei my met u raaden aan die einde sal U my in ere by U opneem.