Afrikaans 1983

Psalms 73:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Psalm van Asaf.God is vir Israel baie goed,vir dié wat rein van hart is.

2. Tog het ek daaraan begin twyfel,ek het byna koers verloor,

3. want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeëntoe ek hulle voorspoed sien.

4. Hulle het geen kwellings nie,hulle is sterk en gesond,

5. hulle het nie sorge soos ander mense nie,hulle het nie teëspoed soos ander nie.

6. Daarom hang die trots aan hulle soos 'n halssnoeren kleef geweld aan hulle soos 'n kleed.

7. In die weelde van hulle voorspoedmatig hulle hulle enigiets aan;

8. smalend stook hulle kwaad,hooghartig dreig hulle met geweld.

9. Hulle laster teen die hemelen beledig links en regs op die aarde.

10. Tog hang die volk hulle aanen drink gretig hulle woorde in.

11. Hulle vra: “Hoe sal God dit uitvind?Hoe sal die Allerhoogste dit weet?”

12. Dit is hoe die goddelose mense is!So gaan hulle ongehinderd voort om rykdom op te hoop!

13. Dat ek die kwaad vermy heten met 'n eed my onskuld verklaar het,het dus niks gehelp nie,