Afrikaans 1983

Psalms 72:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante,soos swaar reëns wat die aarde deurdrenk.

7. Mag die reg onder sy regering floreeren mag daar vir altyd groot voorspoed wees.

8. Mag hy heers van see tot see,van die Eufraat af tot in verre lande.

9. Mag die woestynbewoners voor hom knielen sy vyande voor hom in die stof kruip.

10. Mag die konings van Tarsis en die kuslande geskenke bring,die konings van Skeba en Seba aan hom belasting betaal.

11. Mag alle konings voor hom buigen al die nasies hom dien.

12. Hy sal die arme red wat om hulp roep,die verdrukte en dié wat geen helper het nie;

13. hy sal hom oor die swakke en die behoeftige ontferm,die lewens van die arm mense beskerm.

14. Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry;hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë.