Afrikaans 1983

Psalms 72:2-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. sodat hy regverdige beslissings oor u volk sal velen aan die verdruktes reg laat geskied.

3. Laat berge en rante hulle verblyoor die vrede en reg vir die volk.

4. Laat die koning die reg van die verdruktes onder die volk beskerm,laat hy armes te hulp kom en verdrukkers verbrysel,

5. sodat die mense U kan dien so lank as die sonen die maan daar is, van geslag tot geslag.

6. Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante,soos swaar reëns wat die aarde deurdrenk.

7. Mag die reg onder sy regering floreeren mag daar vir altyd groot voorspoed wees.

8. Mag hy heers van see tot see,van die Eufraat af tot in verre lande.

9. Mag die woestynbewoners voor hom knielen sy vyande voor hom in die stof kruip.

10. Mag die konings van Tarsis en die kuslande geskenke bring,die konings van Skeba en Seba aan hom belasting betaal.

11. Mag alle konings voor hom buigen al die nasies hom dien.