Afrikaans 1983

Psalms 72:10-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Mag die konings van Tarsis en die kuslande geskenke bring,die konings van Skeba en Seba aan hom belasting betaal.

11. Mag alle konings voor hom buigen al die nasies hom dien.

12. Hy sal die arme red wat om hulp roep,die verdrukte en dié wat geen helper het nie;

13. hy sal hom oor die swakke en die behoeftige ontferm,die lewens van die arm mense beskerm.

14. Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry;hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë.

15. Mag die koning lank lewe,mag daar vir hom goud uit Skeba gebring word;mag die mense gedurig vir hom biden die hele dag seënbedes vir hom uitspreek.

16. Mag daar volop graan in die land wees,mag dit selfs bo-op die bergtoppe wuif,mag die oes so welig wees soos die Libanon,die graan so geil opskiet soos gras in die veld.

17. Mag die koning se naam altyd onthou word,mag sy roem duur so lank as die son daar is,sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys!

18. Geloof sy God die Here, die God van Israel.Dit is net Hy wat magtige dade doen!

19. Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word,mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit.Amen, ja, amen.

20. Hier eindig die gebede van Dawid, seun van Isai.