Afrikaans 1983

Psalms 71:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. U is my hulp van my geboorte af,reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.U loof ek gedurigdeur.

7. Ek is vir baie 'n wonder,want U is my veilige toevlug.

8. Ek besing u lof en u roem gedurigdeur.

9. Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie,moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie.

10. My vyande sweer saam teen my,dié wat my lewe soek, smee 'n komplot teen my.

11. Hulle sê: “God het hom alleen gelaat!Agtervolg hom en gryp hom,want daar is niemand om hom te red nie!”

12. Moet tog nie ver van my af bly nie, o God,kom my tog gou te hulp, my God!

13. Laat dié wat my vals beskuldig,self in die ellende beland en vernietig word.Laat oor dié wat my ondergang soek,net skande en mislukking kom.

14. Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop,ek sal U altyd weer loof.