Afrikaans 1983

Psalms 71:19-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. U verlossingswerk, o God, is oneindig groot;groot is die dinge wat U gedoen het!Wie is soos U, o God?

20. U het talle benoude ervaringe oor my gebring,maar elke keer weer my lewe gered,my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.

21. Herstel my tog in my eer, gee tog uitkoms!

22. Dan sal ek U met die harp loof vir u getrouheid, my God,saam met die lier sal ek sing tot u eer, Heilige van Israel.

23. Ek sal jubel as ek tot u eer sing,omdat U my gered het.

24. Ek sal die hele dag deur praat van u verlossingswerk,want dié wat my ondergang soek,staan teleurgestel in hulle verwagting;hulle beland self in die ellende.