Afrikaans 1983

Psalms 71:15-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk,van u reddingsdade bly praat,want hulle is meer as wat ek kan tel.

16. Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God,die verlossingswerk wat net U kan doen.

17. U het my van jongs af onderrig, o God,en ek getuig nou nog van u kragtige dade.

18. Nou dat ek oud en grys geword het,moet U my tog nie alleen laat nie, o God,dat ek nog aan die geslagte wat kom,kan vertel van u werk en u mag.

19. U verlossingswerk, o God, is oneindig groot;groot is die dinge wat U gedoen het!Wie is soos U, o God?

20. U het talle benoude ervaringe oor my gebring,maar elke keer weer my lewe gered,my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.