Afrikaans 1983

Psalms 71:12-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Moet tog nie ver van my af bly nie, o God,kom my tog gou te hulp, my God!

13. Laat dié wat my vals beskuldig,self in die ellende beland en vernietig word.Laat oor dié wat my ondergang soek,net skande en mislukking kom.

14. Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop,ek sal U altyd weer loof.

15. Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk,van u reddingsdade bly praat,want hulle is meer as wat ek kan tel.

16. Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God,die verlossingswerk wat net U kan doen.

17. U het my van jongs af onderrig, o God,en ek getuig nou nog van u kragtige dade.

18. Nou dat ek oud en grys geword het,moet U my tog nie alleen laat nie, o God,dat ek nog aan die geslagte wat kom,kan vertel van u werk en u mag.