Afrikaans 1983

Psalms 71:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. By U, Here, skuil ek,laat my tog nooitteleurgestel staan nie!

2. Red my en bevry my, want U is getrou.Luister tog na my en help my!

3. Wees vir my 'n rots om na toe te vlug,waar ek altyd die veiligheid mag vindwat U tot my redding beskik het,want U is my rots en my vesting.

4. My God, bevry my uit die hand van goddeloses,uit die greep van skurke en verdrukkers,

5. want U, Here, U is my hoop,op U, Here, het ek van jongs af vertrou.

6. U is my hulp van my geboorte af,reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.U loof ek gedurigdeur.

7. Ek is vir baie 'n wonder,want U is my veilige toevlug.

8. Ek besing u lof en u roem gedurigdeur.

9. Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie,moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie.

10. My vyande sweer saam teen my,dié wat my lewe soek, smee 'n komplot teen my.

11. Hulle sê: “God het hom alleen gelaat!Agtervolg hom en gryp hom,want daar is niemand om hom te red nie!”