Afrikaans 1983

Psalms 7:9-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. U wat regspreek oor die volke, Here,bevind tog dat ek reg het, Here,dat ek onskuldig is.

10. Maak 'n end aan al die bose dade van die goddelose mense.Stel tog die onskuldige in die gelyk.U wat die mens deur en deur toets,U is die regverdige God.

11. God wat die opregtes help,is my beskermer.

12. God is 'n betroubare regter,'n God wat altyd die skuldiges straf.

13. Hy maak sy swaard elke keer weer skerp,Hy span sy boog en lê aan.

14. Hy hou dodelike wapens gereeden maak vir Hom brandpyle.

15. Die skuldige is soos iemandwat swanger geraak het van onreg,swanger is van kwaaden leuens voortbring.

16. Hy grawe 'n diep gaten val self daarin.

17. Sy boosheid tref homself,en die geweld wat hy beplan het,kom op sy eie kop af.

18. Ek wil die Here prys omdat Hy reg laat geskied.Die Naam van die Here, die Allerhoogste,wil ek besing.