Afrikaans 1983

Psalms 69:31-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

31. Dan sal ek die Naam van God besing,Hom met 'n danklied prys.

32. So 'n offer is vir die Here verkieslikeras selfs 'n volmaakte offerdier.

33. Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees,dié wat by God hulp soek, sal moed skep,

34. want die Here slaan ag op die armes,Hy vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie.

35. Laat hemel en aarde Hom prys,die see met alles wat daarin wemel.

36. God sal Sion reden die stede van Juda herbou.Sy volk sal daarin woon en die land besit.

37. Die nasate van God se dienaars sal dit erfen dié wat sy Naam liefhet, sal daarin woon.