Afrikaans 1983

Psalms 69:24-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Laat hulle stokblind word,laat hulle gebreklik word.

25. Laat u straf hulle trefen die vlam van u toorn hulle oorval.

26. Laat hulle blyplekke verwoes wordsodat daar niemand oor is in hulle wonings nie,

27. want hulle vervolg hom wat swaar deur U getref isen verlustig hulle in die pyn van hom wat deur U deurboor is.

28. Reken ook dít by hulle skuldsodat hulle nie vrygespreek word nie!

29. Skrap hulle name uit die boek van die lewedat dit nie saam met dié van die regverdiges opgeskryf staan nie!

30. Ek is 'n hulpelose mens, vol pyn,maar U, o God, sal my red en my beskerm.

31. Dan sal ek die Naam van God besing,Hom met 'n danklied prys.

32. So 'n offer is vir die Here verkieslikeras selfs 'n volmaakte offerdier.

33. Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees,dié wat by God hulp soek, sal moed skep,

34. want die Here slaan ag op die armes,Hy vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie.

35. Laat hemel en aarde Hom prys,die see met alles wat daarin wemel.