Afrikaans 1983

Psalms 69:20-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. U weet hoe ek beledig en verkleineer is,hoe sleg ek daarvan afgekom het voor al my vyande.

21. Beledigings het my gebreek,ek is gedaan.Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs,op mense om my te troos,maar daar was nie een nie.

22. Toe ek honger was, het hulle my gif aangebied,toe ek dors was, wou hulle my asyn laat drink.

23. Laat hulle feeste hulle tot 'n val bringen hulle offermaaltye hulle ondergang wees.

24. Laat hulle stokblind word,laat hulle gebreklik word.

25. Laat u straf hulle trefen die vlam van u toorn hulle oorval.

26. Laat hulle blyplekke verwoes wordsodat daar niemand oor is in hulle wonings nie,

27. want hulle vervolg hom wat swaar deur U getref isen verlustig hulle in die pyn van hom wat deur U deurboor is.