Afrikaans 1983

Psalms 69:14-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. My gebed is tot U gerig, Here,antwoord my tog gou, Here,antwoord my in u groot liefde, o God;u hulp staan vas.

15. Red my uit die modder, dat ek nie wegsak nie,laat my wegkom van my vyande af,weg uit die diep waters.

16. Moenie dat die stroom my meesleuren die diep water my insluk nie,en moenie dat hierdie put toegaan bokant my nie.

17. Antwoord my, Here, in u wonderlike liefde,verhoor my in u groot barmhartigheid!

18. Moet tog nie u dienaar alleen laat nie!Ek is in groot gevaar, antwoord my tog gou!

19. Kom red my lewe,bevry my van my vyande.

20. U weet hoe ek beledig en verkleineer is,hoe sleg ek daarvan afgekom het voor al my vyande.

21. Beledigings het my gebreek,ek is gedaan.Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs,op mense om my te troos,maar daar was nie een nie.

22. Toe ek honger was, het hulle my gif aangebied,toe ek dors was, wou hulle my asyn laat drink.