Afrikaans 1983

Psalms 69:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van Dawid.

2. Red my, o God, want die water hettot by my keel gekom.

3. Ek het weggesak in diep modderwaarin ek nie kan staan nie.Ek het in diep waters belandwaarin die stroom my meegesleur het.

4. Ek het my moeg geroep om hulp,my keel is hees geroep,selfs my oë het ingegee soos ek vir my God gewag het.

5. Dié wat my sonder rede haat,is meer as die hare op my kop.Dié wat my vir altyd wil stilmaak, is sterk.My vyande dwing my met vals beskuldigingsom af te gee wat ek nie geroof het nie.

6. U weet hoe sondig ek is, o God,my verkeerde dade kan ek tog nie vir U wegsteek nie.

7. Here, almagtige God, moenie dat dié wat op U vertrou,deur my toedoen teleurgestel word nie.God van Israel, moenie dat dié wat by U hulp soek,deur my toedoen beskaam word nie.

8. Omdat ek op U vertrou,word ek beledig en verkleineer.

9. Ek het vreemd geword vir my broers,my familie wil my nie meer ken nie.

10. Omdat ek u huis liefhet,moet ek ly;die beledigings teen U het ook vir my getref.

11. Ek het gevas en gehuilen daarvoor net beledigings gekry.

12. Ek het rouklere aangetrek,maar hulle het met my gespot.

13. Die leeglêers in die stadspoort maak praatjies oor my,en dronklappe maak liedjies oor my.

14. My gebed is tot U gerig, Here,antwoord my tog gou, Here,antwoord my in u groot liefde, o God;u hulp staan vas.

15. Red my uit die modder, dat ek nie wegsak nie,laat my wegkom van my vyande af,weg uit die diep waters.

16. Moenie dat die stroom my meesleuren die diep water my insluk nie,en moenie dat hierdie put toegaan bokant my nie.