Afrikaans 1983

Psalms 68:18-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Die skitterende strydwaens van God was duisende,duisende der duisende,toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het.

19. U het krygsgevangenes weggevoer,mense het vir U geskenke gebring,selfs dié wat teen U in opstand was.Toe het U opgegaan na die hoogteom daar te woon, Here God!

20. Geloof sy die Here!Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela

21. God is vir ons die God wat ons red,die Here ons God deur wie ons bewaar word in doodsgevaar.

22. God verpletter die kop van sy vyande,die kop van dié wat in hulle sonde volhard.

23. Die Here het gesê:“Uit Basan bring Ek my vyande,Ek bring hulle uit die dieptes van die see.

24. Julle sal hulle bloed van julle voete afwas,die honde sal die bloed van julle vyande oplek.”

25. Die mense sien u feesoptog, o God,die feesoptog van my God,my Koning, na sy heiligdom:

26. vooraan die sangers,agteraan diéwat snaarinstrumente speel,en tussenin, meisies wat tamboeryne slaan.

27. Hulle loof God in kore,die nasate van Israel loof die Here.

28. Dáár is Benjamin, die jongste, hulle aanvoerder,dáár is die baie leiers van Juda,dié van Sebulon, dié van Naftali!

29. Toon die mag, o God, waarmee U ons gered het,toon u mag, o God,

30. hier uit u tempel in Jerusalemwaar konings aan U geskenke bring.

31. Tree op teen Egipte, daardie ondier tussen die riete,die magtige volk, die sterkste onder die volke,wat ander vertrap vir geld,wat volke uitmekaarjaag en hou van oorlog maak.

32. Uit daardie selfde Egipte sal geskenke kom,en die Kussiete sal hulle hande smekend na God toe uitsteek.

33. Koninkryke van die aarde,hef 'n lied aan tot eer van God,sing tot eer van die Here, Sela

34. tot eer van Hom wat ry deur die hemele,die hemele wat van die begin af daar is!Hy laat sy stem, sy magtige stem, weerklink!

35. Erken dat God magtig is!Hy heers oor Israel,Hy het mag oor die wolke!

36. God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom.Hy is die God van Israel,Hy gee krag en sterkte aan sy volk.Aan God kom die lof toe.