Afrikaans 1983

Psalms 68:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.

2. As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar,en dié wat Hom haat, vlug vir Hom.

3. Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg;soos was in vuur smelt,so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn.

4. Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees,hulle sal juig voor God,hulle sal vrolik en bly wees.

5. Sing 'n lied tot eer van God,sing tot eer van sy Naam,maak 'n pad vir Hom wat op die wolke ry,en jubel voor Hom wie se Naam Here is.