Afrikaans 1983

Psalms 66:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. wat ek gedoen het, wat ek afgelê hettoe ek in nood was.

15. Ek bring vir U vet skape as brandoffers,ramme as wierookoffers,ek offer beeste en bokke. Sela

16. Kom luister, alle dienaars van God,ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:

17. Skaars het ek na Hom geroep,of daar was reeds 'n loflied op my lippe.

18. As daar sonde in my hart was,sou die Here nie geluister het nie.

19. Maar God hét geluister,Hy hét my gebed verhoor!

20. Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewysen sy trou nie van my weerhou het nie.