Afrikaans 1983

Psalms 66:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm.Juig tot eer van God, almal op aarde!

2. Sing tot roem van sy Naam,gee Hom die eer wat Hom toekom!

3. Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk!U mag is groot, u vyande kruip voor U.

4. Alle mense moet voor U buig,hulle moet sing tot u eer,hulle moet sing tot eer van u Naam. Sela

5. Kom hoor wat God gedoen het,kom hoor van sy magtige dade onder die mense:

6. Hy het die see in droë land verander;sy volk het droogvoets deur die rivier getrek.Toe het ons gejubel oor Hom

7. wat ewig heers deur sy magen die nasies in die oog hou.Die vyande moet hulle nie teen God verset nie! Sela

8. Prys ons God, alle volke,laat sy lof weerklink!