Afrikaans 1983

Psalms 64:6-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hulle smee bose planneen kom ooreen om strikke te stel.Hulle dink niemand sien hulle nie.

7. Hulle beplan skelmstukke en sê:“Ons het 'n volmaakte komplot gesmee,want wat binne in 'n mens is,wat hy uitgedink het, is 'n geheim.”

8. Dan tref God hulle met 'n pyl,en meteens is hulle daarmee heen:

9. hulle eie tonge het hulle tot 'n val gebring!Elkeen wat dit sien, knik met voldoening die kop.

10. Met groot ontsag getuig almal dan van die dade van Godomdat hulle insig gekry het in wat Hy doen.

11. Laat die regverdige hom in die Here verblyen sy toevlug by Hom soek,laat al die opregtes Hom prys.