1. Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.
2. Hoor tog my hulpgeroep, o God,slaan tog ag op my gebed.
3. Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U.Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees.
4. U is vir my 'n toevlug,'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
5. Laat my by U 'n blywende tuiste vind.Laat my skuil onder u vleuels. Sela
6. U, o God, hoor my geloftes,U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.
7. Laat die koning lank lewe,laat sy lewensjare oor geslagte strek.
8. Mag hy sy lewe lank regeer voor God,mag u liefde en trou hom bewaar!
9. Dan sal ek u Naam altyd besingen dag na dag my geloftes betaal.