Afrikaans 1983

Psalms 59:4-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die geweldenaars lê my voor om my dood te maak,hulle wil my aanval.Maar ek het nie gesondig nie,ek het nie oortree nie, Here!

5. Ek is onskuldig en tog bestorm hulle my en val hulle my aan.Kom help my tog! Kyk wat doen hulle!

6. U is die Here God, die Almagtige, die God van Israel!Gryp tog in en straf al hierdie vyandige nasies!Moenie genade betoon aan sulke lae verraaiers nie. Sela

7. Hulle kom altyd in die aand terug,hulle grom soos honde en loop in die stad rond.

8. Die skuim staan om hulle bekke,en hulle wys hulle tande,want hulle dink niemand hoor hulle nie.

9. Maar U, Here, U lag hulle uit,U spot met al die nasies!

10. Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte,want U is my veilige vesting!

11. My God sal my te hulp kom in sy trou,God sal my laat neersien op my teëstanders.