Afrikaans 1983

Psalms 59:14-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Vernietig hulle in u toorn,wis hulle heeltemal uit.Dan sal almal weet dat God oor sy volk Jakob en oor die hele aarde regeer. Sela

15. Hulle kom altyd in die aand terug,hulle grom soos honde en loop in die stad rond.

16. Hulle dwaal rond agter prooi aanen as hulle nie genoeg kry nie, tjank hulle.

17. Maar ék sal sing van u mag,elke môre sal ek jubel oor u trou,want U is vir my 'n veilige vesting,'n skuilplek in tyd van nood.

18. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte,want U is my veilige vesting,U is my troue God.