Afrikaans 1983

Psalms 59:12-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Moet hulle nie nou al doodmaak nie,sodat hulle straf nie ongemerk aan my volk verbygaan nie.Breek hulle stadig af deur u magen laat hulle ondergaan, Here, ons Beskermer,

13. oor hulle woorde, die sonde uit hulle mond.Laat hulle gevang word deur hulle hoogmoed,deur die vervloekings wat hulle uitspreek,en die leuens wat hulle praat.

14. Vernietig hulle in u toorn,wis hulle heeltemal uit.Dan sal almal weet dat God oor sy volk Jakob en oor die hele aarde regeer. Sela

15. Hulle kom altyd in die aand terug,hulle grom soos honde en loop in die stad rond.