Afrikaans 1983

Psalms 59:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat hulle, in opdrag van Saul, Dawid se huis omsingel het om hom dood te maak.

2. Red my van my vyande, my God,beskerm my teen my teëstanders,

3. red my van die mense wat onreg doen,bevry my van hierdie moordenaars!

4. Die geweldenaars lê my voor om my dood te maak,hulle wil my aanval.Maar ek het nie gesondig nie,ek het nie oortree nie, Here!