Afrikaans 1983

Psalms 58:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Nee, julle optrede in die land is die ene korrupsie,met geweld gaan julle deur die lewe.

4. Slegte mense loop van hulle geboorte af 'n verkeerde pad,vandat hulle in die wêreld gekom het, dwaal hierdie bedrieërs af.

5. Hulle is soos giftige slange,soos adders wat hulle doof hou,

6. wat hulle nie steur aan die stem van die slangbesweerder nie,hoe vernuftig hy ook mag wees.

7. Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God!Slaan dié leeus se slagtande uit, Here!