Afrikaans 1983

Psalms 57:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,u mag hoog bo die aarde.

7. Hulle het 'n strik vir my voete gespan,hulle wou my breek,hulle het 'n gat vir my gegrawe,maar self daarin geval. Sela

8. Ek voel weer veilig, o God!Ek voel weer veilig!Ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing.

9. Ek wil vroeg opstaan,met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!

10. Onder die volke wil ek U loof, Here,onder die nasies u lof besing,

11. want u liefde reik tot in die hemel,u trou tot in die wolke!

12. Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,hoog bo die aarde u mag.