Afrikaans 1983

Psalms 55:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. ek sou haastig probeer wegkomvan hierdie onstuimige wind, van hierdie storm af.

10. Dryf hulle uitmekaar, Here,maak hulle taal onverstaanbaar vir mekaar.Ek sien geweld en oproer in die stad;

11. dag en nag maal hulle rond op sy mure;daarbinne is onreg en onheil.

12. Daar heers wanorde in die stad,op sy pleine is daar net verdrukking en bedrog.

13. As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het,sou ek dit kon verdra;as dit 'n teëstander was wat my wou verneder,sou ek hom kon probeer vermy.

14. Maar nou is dit jy, 'n man soos ek,my maat en my goeie vriend.