Afrikaans 1983

Psalms 55:6-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. vrees en skrik oorweldig my,my hele liggaam bewe.

7. Ek het gedink: ag, as ek maar vlerkesoos 'n duif gehad het,sou ek wegvlieg en 'n woonplek soek;

8. ek sou ver wegvliegen in die woestyn gaan bly; Sela

9. ek sou haastig probeer wegkomvan hierdie onstuimige wind, van hierdie storm af.

10. Dryf hulle uitmekaar, Here,maak hulle taal onverstaanbaar vir mekaar.Ek sien geweld en oproer in die stad;

11. dag en nag maal hulle rond op sy mure;daarbinne is onreg en onheil.

12. Daar heers wanorde in die stad,op sy pleine is daar net verdrukking en bedrog.

13. As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het,sou ek dit kon verdra;as dit 'n teëstander was wat my wou verneder,sou ek hom kon probeer vermy.

14. Maar nou is dit jy, 'n man soos ek,my maat en my goeie vriend.

15. Ons was so nou aan mekaar verbonde;opgewonde het ons saam na die huis van God toe gegaan.

16. Mag die dood my vyande oorval!Mag hulle onverwags neerdaal na die doderyk,want in hulle huise en harte heers daar boosheid.

17. Maar ek roep na God,na die Here wat my sal red.

18. In die aand, in die môre en in die middag,heeldag kla en sug ek,en Hy hoor my roep.