Afrikaans 1983

Psalms 55:17-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Maar ek roep na God,na die Here wat my sal red.

18. In die aand, in die môre en in die middag,heeldag kla en sug ek,en Hy hoor my roep.

19. Hy sal my lewe red en my die oorwinning gee,al is daar so baie teen wie ek moet veg.

20. God, wat van ewigheid af regeer,sal hoor en hulle vernederomdat hulle hulle nie bekeer nieen Hom nie dien nie.

21. My vyand het skaars 'n ooreenkoms gesluitof hy verbreek sy beloftes van trou.

22. Sy tong is gladder as botter,maar daar is oorlog in sy hart;sy woorde is so strelend soos olie,maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.

23. Laat jou sorge aan die Here oor,Hy sal vir jou sorg.Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.

24. Maar daardie mense, o God, U sal hulle in die graf in laat neerdaal.Sulke moordenaars en bedrieërssal in die fleur van hulle lewe sterf.Maar ek, op U vertrou ek.