Afrikaans 1983

Psalms 55:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: met snarespel. 'n Gedig van Dawid.

2. Hoor my gebed, o God,moet tog nie onverskillig staan teenoor my smeking nie.

3. Luister na my gebed en antwoord my:my sorge gee my geen rus nie.Ek is hewig ontsteld

4. oor die dreigemente van my vyandeen oor die druk van slegte mense op my.Hulle wil my met onreg breek;verwoed stook hulle vyandskap teen my.