Afrikaans 1983

Psalms 51:3-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Wees my genadig, o God, in u troue liefde,wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!

4. Was my skoon van my skuld,reinig my van my sonde!

5. Ja, my oortredings ken eken van my sonde bly ek altyd bewus.

6. Teen U alleen het ek gesondig,ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.U uitspraak is dus regen u oordeel regverdig.

7. Ek was al skuldig toe ek gebore is,met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.

8. Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:laat ek dan diep in my binneste weethoe U wil dat ek moet lewe.

9. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees,was my dat ek witter as sneeu kan wees.

10. Laat my weer blydskap en vreugde belewe.U het my verbrysel; laat my weer jubel.

11. Moet tog nie ag slaan op my sondes nie,wis al my skuld uit!

12. Skep vir my 'n rein hart, o God,vernuwe my gees en maak my standvastig.