Afrikaans 1983

Psalms 51:17-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Here, gee my die woordeom u lof te verkondig.

18. 'n Offer vra U nie,anders sou ek dit bring;'n brandoffer wil U nie hê nie.

19. Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

20. Laat Sion u liefde en u goedheid ondervind:herbou tog die mure van Jerusalem.

21. Dan sal die offers wat voorgeskryf is,weer vir U aanneemlik wees:offerdiere wat heeltemal verbrand word.Dan sal hulle weer bulle op u altare offer.