Afrikaans 1983

Psalms 51:11-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Moet tog nie ag slaan op my sondes nie,wis al my skuld uit!

12. Skep vir my 'n rein hart, o God,vernuwe my gees en maak my standvastig.

13. Moet my tog nie van U af wegdryfen u Heilige Gees van my af wegneem nie!

14. Laat my weer die blydskap ervaarvan iemand wat deur U verlos is,laat my U weer met toewyding dien.

15. Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag;dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.

16. Red my van ondergang, o God, my Redder,dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.