Afrikaans 1983

Psalms 50:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen?Dan sal jy dink Ek het soos jy geword!Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!

22. Julle moet luister na hierdie waarskuwing,julle wat nie met God rekening hou nie,anders verskeur Ek julle sonder dat iemand kan red.

23. “Die mens wat My eer,is die een wat lof as 'n offer bring.Hy wat reg lewe,vir hom sal Ek red.”