Afrikaans 1983

Psalms 50:15-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Roep My aan in die dag van benoudheid:Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

16. Maar vir die goddelose sê God:“Waarom sê jy my voorskrifte een vir een open beroep jy jou op my verbond,

17. jy wat 'n afkeer het van wat Ek jou leeren jou nie steur aan wat Ek sê nie?

18. As jy 'n dief raakloop, breek jy saam met hom in,en as jy die kans kry, pleeg jy egbreuk.

19. As jy jou mond oopmaak, praat jy kwaad;jou tong ryg bedrog aanmekaar.

20. Jy sit en praat teen jou broer,jou eie broer beswadder jy.