Afrikaans 1983

Psalms 50:12-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie,want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My.

13. Eet Ek miskien die vleis van die bulle wat julle offer,of drink Ek die bloed van bokke?

14. Lof is die offer wat jy aan God moet bring.Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.

15. Roep My aan in die dag van benoudheid:Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

16. Maar vir die goddelose sê God:“Waarom sê jy my voorskrifte een vir een open beroep jy jou op my verbond,

17. jy wat 'n afkeer het van wat Ek jou leeren jou nie steur aan wat Ek sê nie?

18. As jy 'n dief raakloop, breek jy saam met hom in,en as jy die kans kry, pleeg jy egbreuk.

19. As jy jou mond oopmaak, praat jy kwaad;jou tong ryg bedrog aanmekaar.