Afrikaans 1983

Psalms 50:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Psalm van Asaf.Die Here is God, Hy alleen is God.Hy spreek, Hy roep die hele wêreld op,van waar die son opkom tot waar hy ondergaan.

2. Uit Sion, stad van volmaakte prag,verskyn God in glans.

3. Ons God kom, Hy bly nie stil nie.Voor Hom uit brand 'n vuur,rondom Hom woed 'n storm.

4. Hy roep die hemel en die aarde op vir die saak teen sy volk:

5. “Maak bymekaar dié wat aan My getrou isen met 'n offer 'n verbond met My gesluit het.”

6. Die hemel getuig: “God is regverdig, en Hý is die regter.” Sela

7. “Luister, my volk, Ek wil my saak stel,Ek wil teen jou getuig, Israel.Ek is God, Ek is jou God!

8. Dit is nie omdat jy nie offer dat Ek rekenskap van jou eis nie;jou brandoffers is immers gedurig voor My.

9. Ek wil geen jong bul uit jou stal hêof bokke uit jou krale nie,

10. want al die diere in die bos is Myne,die wild op duisende berge.

11. Ek ken al die voëls van die berge;al wat roer op die veld, is Myne.

12. Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie,want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My.

13. Eet Ek miskien die vleis van die bulle wat julle offer,of drink Ek die bloed van bokke?