1. Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Psalm van Dawid.
2. Luister tog na my woorde, Here,hoor hoe ek sug.
3. Gee tog aandag aan my hulpgeroep, my Koning en my God,want tot U bid ek.
4. U luister na my stem in die môre, Here,in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.
5. U is nie 'n God wat onreg verdra nie,die kwaad het by U geen plek nie.
6. Hooghartiges durf nie voor U kom nie.U haat almal wat onreg doen,
7. U roei alle leuenaars uit.Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.
8. Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaanen in u heilige tempel buigmet die eerbied wat aan U verskuldig is.
9. Omdat ek vyande het, Here,leer my tog wat reg isen help my om u wil te doen.