Afrikaans 1983

Psalms 49:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die prys vir 'n mens se lewe is te hoog.Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees

10. dat hy vir altyd sal leween die dood nooit sal smaak nie.

11. Elkeen sien dit tog:wyse mense sterwe net soos dwase en sotte,en laat hulle besittings aan ander na.

12. Die graf is vir altyd hulle tuiste;van geslag tot geslag is dit hulle woonplek,al het hulle eenmaal grond op hulle naam gehad.

13. Met weelde en al leef die mens nie vir altyd nie;soos die diere, so kom die mens ook tot 'n einde.