Afrikaans 1983

Psalms 49:3-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. elke mens, sonder uitsondering,ryk en arm!

4. My mond gaan suiwer wysheid praat;wat ek gaan sê, sal van insig getuig,

5. want ek hoor 'n woord wat my wysheid geeen terwyl ek op die lier speel, wil ek 'n geheimenis verklaar.

6. Waarom sou ek my in moeilike tye kwelas ek bedreig word deur die onreg van bedrieërs,

7. van mense wat net op hulle besittings vertrouen met hulle groot rykdom spog?

8. Een mens kan tog nie 'n ander loskoop van die dooden aan God 'n losprys vir hom betaal nie?

9. Die prys vir 'n mens se lewe is te hoog.Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees

10. dat hy vir altyd sal leween die dood nooit sal smaak nie.

11. Elkeen sien dit tog:wyse mense sterwe net soos dwase en sotte,en laat hulle besittings aan ander na.

12. Die graf is vir altyd hulle tuiste;van geslag tot geslag is dit hulle woonplek,al het hulle eenmaal grond op hulle naam gehad.

13. Met weelde en al leef die mens nie vir altyd nie;soos die diere, so kom die mens ook tot 'n einde.