Afrikaans 1983

Psalms 49:13-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Met weelde en al leef die mens nie vir altyd nie;soos die diere, so kom die mens ook tot 'n einde.

14. Dit is die lot ook van mense wat op hulleself vertrou,die uiteinde van dié wat ingenome is met hulleself. Sela

15. Soos skape is hulle bestem om te sterwe;die dood is hulle wagter.Sonder meer daal hulle in die graf in;in die doderyk verdwyn alles waarop hulle vertrou het;vir hulle bestaan dit nie meer nie.

16. Maar vir my sal God loskoop uit die mag van die dood;ek sal aan Hom behoort. Sela

17. Moet jou nie daaroor kwel dat mense ryk word,dat hulle besittings baie word nie,

18. want as hulle sterf, neem hulle niks saam nie;hulle besittings sal hulle nie volg nie.

19. Al verlustig 'n mens hom in 'n voorspoedige lewe,en al prys die mense hom omdat dit met hom goed gaan,

20. soos sy voorvaders sal ook hy moet sterween hy sal die lig nooit weer sien nie.

21. Die mens wat met weelde en al 'n dwaas bly,is soos 'n dier wat vergaan.