Afrikaans 1983

Psalms 49:11-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Elkeen sien dit tog:wyse mense sterwe net soos dwase en sotte,en laat hulle besittings aan ander na.

12. Die graf is vir altyd hulle tuiste;van geslag tot geslag is dit hulle woonplek,al het hulle eenmaal grond op hulle naam gehad.

13. Met weelde en al leef die mens nie vir altyd nie;soos die diere, so kom die mens ook tot 'n einde.

14. Dit is die lot ook van mense wat op hulleself vertrou,die uiteinde van dié wat ingenome is met hulleself. Sela

15. Soos skape is hulle bestem om te sterwe;die dood is hulle wagter.Sonder meer daal hulle in die graf in;in die doderyk verdwyn alles waarop hulle vertrou het;vir hulle bestaan dit nie meer nie.

16. Maar vir my sal God loskoop uit die mag van die dood;ek sal aan Hom behoort. Sela