Afrikaans 1983

Psalms 47:7-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Prys God, prys Hom met psalms,prys ons Koning, prys Hom met psalms!

8. God is koning oor die hele aarde;sing vir Hom 'n lied.

9. God is koning oor die nasies,God is op sy heilige troon.

10. Die leiers uit elke volk sal hulle verenig met die volk van die God van Abraham.Die heersers van die aarde is onderworpe aan God,Hy is bo almal verhewe.