Afrikaans 1983

Psalms 46:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. God is daar; die stad sal nie wankel nie.God sal hom help nog voor die môre kom.

7. Nasies kan raas en koninkryke wankel,maar as God sy stem laat hoor,smelt die aarde weg.

8. Die Here, die Almagtige, is by ons,die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela

9. Kom kyk wat die Here gedoen het,watter ontsettende dinge Hy op die aarde tot stand bring:

10. die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou,pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend,oorlogswaens verbrand Hy met vuur.

11. Bedaar en erken dat Ek God is,hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.

12. Die Here, die Almagtige, is by ons,die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela