Afrikaans 1983

Psalms 45:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van die Koragiete. 'n Gedig. 'n Lied van die liefde.

2. Mooi woorde roer in my hart;ek dra my gedig voor aan die koning;my tong is soos die pen van 'n vaardige skrywer.

3. U is mooier as alle mense;oor u lippe vloei net vriendelike woorde,want u hele lewe lank seën God u.

4. Kom, held, maak u reg vir die stryd,kom in u koninklike luister.

5. Mag u oorwin!Knoop die stryd aan vir die waarheiden vir die reg van die hulpelose!U is geroepe tot magtige dade.