Afrikaans 1983

Psalms 44:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Ek gaan dag vir dag gebuk onder die skande,en die smaad is op my gesig te lees,

17. want ek hoor net die spottaal van die vyanden die godslastering van dié wat op wraak uit is.

18. Al hierdie dinge het oor ons gekom,hoewel ons U nie vergeet het nieen aan u verbond nie ontrou was nie.

19. Ons het nie afvallig geword nieen van u pad nie afgewyk nie.

20. Tog het U ons verwoes;ons land het 'n puinhoop geword;U het die donker oor ons laat toesak.