Afrikaans 1983

Psalms 44:14-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. U stel ons bloot aan die veragting van ons bure,aan die spot en beskimping van almal rondom ons.

15. U maak ons tot 'n bespotting onder die nasies,'n minagting onder die mense.

16. Ek gaan dag vir dag gebuk onder die skande,en die smaad is op my gesig te lees,

17. want ek hoor net die spottaal van die vyanden die godslastering van dié wat op wraak uit is.

18. Al hierdie dinge het oor ons gekom,hoewel ons U nie vergeet het nieen aan u verbond nie ontrou was nie.

19. Ons het nie afvallig geword nieen van u pad nie afgewyk nie.

20. Tog het U ons verwoes;ons land het 'n puinhoop geword;U het die donker oor ons laat toesak.

21. As ons die Naam van ons God nie aangeroep het nieen 'n vreemde god om hulp gevra het,